Splinternuwe nisversekering pas elke veeboer individueel

Die nismark-versekeringsproduk van Kuda Insurance & Forex Services vir lewende hawe, wat elke boer se spesifieke behoeftes in ag neem, is tans beskikbaar vir elke teler se gesogte teelmateriaal teen ’n markverwante prys.
Omdat daar altyd tred gehou moet word met vernuwing en ontwikkel ing in markte, het Kuda Insurance & Forex Services sy produk vir vee hersien, sê Wehann Smith, uitvoerende hoof van Kuda. Dié onderneming, met sy hoofkantoor in Kaapstad, doen landwyd nismarkversekering vir wild, resiesperde, lewende hawe en sportperde, asook algemene korttermynversekering, veilingsdekkingversekering en uit- en invoerversekering vir wild en lewende hawe. Landbouweekblad het met Smith en Duppies Fourie, produkbestuurder vir wild- en veeversekering, gepraat oor hierdie nismarkproduk wat aangepas is om in elke boer en teler se persoonlike situasie en versekeringsbehoeftes te voorsien. “Boere se eiesoortige versekeringsbehoeftes word in ag geneem vir elkeen se omstandighede, en die versekering word daarvolgens saamgestel. Só word gekyk na moontlike dieresiektes wat in die spesifieke deel van Suid-Afrika voorkom, asook ander aspekte wat nie noodwendig in ander dele van die land belangrik is nie. Sy versekeringspakket word daarvolgens saamgestel,” sê Smith.
“Met 14 jaar ondervinding in ’n verskeidenheid nismarkte het Kuda ’n naam opgebou vir die beste toegang tot versekeringsvermoë in hierdie tipe markte in Suid-Afrika. In die verlede was dit die resultaat van goeie verhoudings, plaaslik én internasionaal, goeie risikobestuur, en die feit dat Kuda gediversifiseerd was oor ’n verskeidenheid markte – en dus minder kwesbaar teen die afswaai in enige spesifieke mark.” Sedert 2022 is versekeringsvermoë verder verbeter deur die toepassing van ’n selstruktuur (cell captive) via Guardrisk, die naasgrootste versekeraar in Suid-Afrika. “Hierdie selstruktuur gee Kuda toegang tot herversekeringsmarkte wêreldwyd, asook baie meer beheer oor produkontwerp, onderskrywingsbesluite en besluitneming oor eise.”
Die goeie nuus is dat hierdie nismarkproduk se prys markverwant is en nie meer kos as gewone, konvensionele versekeringspakkette nie, sê Fourie. “As alles in ag geneem word, is dit eintlik beter geprys as konvensionele versekering vir presies dít wat ’n boer benodig.” Kuda is sowat 14 jaar gelede gestig en het sedertdien ’n uitstekende naam opgebou as ’n besonder betroubare nisversekeringsmaatskappy. Die eise-uitbetalingspersentasie is baie na aan 100. Oor die jare is verskeie aspekte verseker, onder meer die vang van wild, die vervoer daarvan en velddekking. By lewende hawe word onder meer siektes, beserings, vrugbaarheid en vervoer gedek, asook rampe soos brand en weerlig, maar dit is nie net beperk tot hierdie aspekte nie. Boonop kry kliënte nooit met ’n inbelsentrum te doen by Kuda nie. “By Kuda praat jy direk met ’n kundige om in jou behoeftes te voorsien.”
Die toeganklikheid en persoonlike diens maak dit ook maklik vir die boer om dekking te verkry. Tegnologie word doeltreffend gebruik om papierwerk en burokrasie te vermy en transaksies foutloos en maklik te laat verloop. “By Kuda glo ons daarin om terug te ploeg in die landbougemeenskap. Ondersteuning word ook gegee aan die voortgesette opleiding van veeartse om tred te hou met die jongste ontwikkelings in daardie veld. Ons ploeg dus ook terug in die vee- en wildbedryf in Suid-Afrika omdat voorspoed vir die boer vir ons belangrik is,” sê Smith. Só word die Kwandwe-renostertrustprojek ondersteun – een van talle sulke projekte. Daar word ook nou saamgewerk met dr. Johan Steyl, hoof van die afdeling vir veterinêre patologie in die fakulteit veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, asook talle ander kundiges wat in die veeartsenysektor werk en navorsing doen. Smith en Fourie is albei landwyd bekend in die vee- en wildbedryf. Hoewel Kuda se hoofkantoor in Kaapstad is, is daar ook kantore in Pretoria en Stellenbosch, maar die kliëntebasis is landwyd, sê Smith. – Landbouweekblad 27 July

Related Posts

Saying goodbye to 2023

Saying goodbye to 2023 As 2023 comes to an end, to us at least, it means saying thank you – to you! If the world around us has taught us anything, it’s that showing appreciation

Read More »

Beyond Borders

Beyond Borders: Navigating challenges and opportunities in SA Forex trends In the tumultuous seas of the offshore forex market, South African investors have sailed through a challenging 2023, grappling with market stress, geopolitical issues, and

Read More »

Travel Foreign Exchange Service

Travel Foreign Exchange During the festive season many of us pack our bags and head off to exotic locations. Leaving South Africa behind as we explore the world – if we are lucky enough to

Read More »