Splinternuwe nisversekering pas elke veeboer individueel
Die nismark-versekeringsproduk van Kuda Insurance & Forex Services vir
lewende hawe, wat elke boer se spesifieke behoeftes in ag neem, is tans
beskikbaar vir elke teler se gesogte teelmateriaal teen ’n markverwante prys.
Omdat daar altyd tred
gehou moet word
met vernuwing en
ontwikkel ing in
markte, het Kuda Insurance &
Forex Services sy produk vir vee
hersien, sê Wehann Smith, uitvoerende
hoof van Kuda.
Dié onderneming, met sy
hoofkantoor in Kaapstad, doen
landwyd nismarkversekering
vir wild, resiesperde, lewende
hawe en sportperde, asook algemene
korttermynversekering,
veilingsdekkingversekering en
uit- en invoerversekering vir
wild en lewende hawe.
Landbouweekblad het met
Smith en Duppies Fourie, produkbestuurder
vir wild- en veeversekering,
gepraat oor hierdie
nismarkproduk wat aangepas is
om in elke boer en teler se persoonlike
situasie en versekeringsbehoeftes
te voorsien.
“Boere se eiesoortige versekeringsbehoeftes
word in ag
geneem vir elkeen se omstandighede,
en die versekering
word daarvolgens saamgestel.
Só word gekyk na moontlike
dieresiektes wat in die spesifieke
deel van Suid-Afrika voorkom,
asook ander aspekte wat
nie noodwendig in ander dele
van die land belangrik is nie. Sy
versekeringspakket word daarvolgens
saamgestel,” sê Smith.
“Met 14 jaar ondervinding in
’n verskeidenheid nismarkte het
Kuda ’n naam opgebou vir die
beste toegang tot versekeringsvermoë
in hierdie tipe markte
in Suid-Afrika. In die verlede
was dit die resultaat van goeie
verhoudings, plaaslik én internasionaal,
goeie risikobestuur,
en die feit dat Kuda gediversifiseerd
was oor ’n verskeidenheid
markte – en dus minder kwesbaar
teen die afswaai in enige
spesifieke mark.”
Sedert 2022 is versekeringsvermoë
verder verbeter deur
die toepassing van ’n selstruktuur
(cell captive) via Guardrisk,
die naasgrootste versekeraar
in Suid-Afrika. “Hierdie selstruktuur
gee Kuda toegang tot
herversekeringsmarkte wêreldwyd,
asook baie meer beheer
oor produkontwerp, onderskrywingsbesluite
en besluitneming
oor eise.”
Die goeie nuus is dat hierdie
nismarkproduk se prys markverwant
is en nie meer kos as
gewone, konvensionele versekeringspakkette
nie, sê Fourie. “As
alles in ag geneem word, is dit
eintlik beter geprys as konvensionele
versekering vir presies
dít wat ’n boer benodig.”
Kuda is sowat 14 jaar gelede
gestig en het sedertdien ’n
uitstekende naam opgebou as
’n besonder betroubare
nisversekeringsmaatskappy.
Die
eise-uitbetalingspersentasie is
baie na aan 100.
Oor die jare is verskeie aspekte
verseker, onder meer die vang
van wild, die vervoer daarvan en
velddekking. By lewende hawe
word onder meer siektes, beserings,
vrugbaarheid en vervoer
gedek, asook rampe soos brand
en weerlig, maar dit is nie net
beperk tot hierdie aspekte nie.
Boonop kry kliënte nooit met ’n inbelsentrum te doen by Kuda
nie. “By Kuda praat jy direk met
’n kundige om in jou behoeftes
te voorsien.”
Die toeganklikheid en persoonlike
diens maak dit ook
maklik vir die boer om dekking
te verkry. Tegnologie word
doeltreffend gebruik om papierwerk
en burokrasie te vermy en
transaksies foutloos en maklik
te laat verloop.
“By Kuda glo ons daarin om
terug te ploeg in die landbougemeenskap.
Ondersteuning
word ook gegee aan die voortgesette
opleiding van veeartse
om tred te hou met die jongste
ontwikkelings in daardie veld.
Ons ploeg dus ook terug in die
vee- en wildbedryf in Suid-Afrika
omdat voorspoed vir die boer
vir ons belangrik is,” sê Smith.
Só word die Kwandwe-renostertrustprojek
ondersteun – een
van talle sulke projekte.
Daar word ook nou saamgewerk
met dr. Johan Steyl, hoof
van die afdeling vir veterinêre
patologie in die fakulteit veeartsenykunde
aan die Universiteit
van Pretoria, asook talle ander
kundiges wat in die veeartsenysektor
werk en navorsing doen.
Smith en Fourie is albei landwyd
bekend in die vee- en wildbedryf.
Hoewel Kuda se hoofkantoor
in Kaapstad is, is daar
ook kantore in Pretoria en Stellenbosch,
maar die kliëntebasis
is landwyd, sê Smith. – Landbouweekblad 27 July